Gerhard Potgieter

The Ultimate Kloon

Is dit net ek of is als tos?Moontlik een van die snaakste boeke nog ooit gepubliseer in afrikaans is die boek “Is dit net ek of is als tos?” deur Chopper Charlie en Griffen, stigters van die website WatKykJy.

Die boek is gebasseer op die engelse top verkoper, Is It Just Me Or Is Everything Kak? So waaroor gaan die boek nou eintlik? Wel dit handel oor als Suid-Afrikaans en wat ons beinvloed van A tot Z - met als wat ons irriteer, frustreer, warm onder die kraag maak, verveel of sommer net ons dag opneuk.

Meer as 150 aspekte van vandag se lewe loop kwaai onder die skrywers deur insluitende die AWB, Blou Bul ondersteuners, call centres, Eskom, gholf op TV, lapswaaiers, Oppikoppi boneheads, Saffas, Star Wars junkies, Telkom, Joost van der Westhuizen, Vereenigning, witmense met dreadlocks en talle ander.

Ek beveel die boek aan vir enige iemand wat lekker wil lag oor als wat in ons lewens aangaan op ‘n daaglikse basis.

Die boek is beskikbaar teen R95 by Kalahari.net

Add A Comment

Subscribe to Gerhard Potgieter